JUIG! Tydskrif: Desember Uitgawe 2024
R36,00 – R49,90
Die Kersfees-uitgawe van JUIG! is die perfekte manier om jou geloof in hierdie feestyd te verdiep! Ons voorbladartikel, Wie is Jesus Christus van Nasaret?, delf in die ware identiteit van die Verlosser wie se geboorte ons vier. Sint Nikolaas se storie werp lig op die ware geskiedenis agter ‘Kersvader’, terwyl ons jou inspireer om Kersfees met betekenis te vier, ondanks die geraas van die wêreld.
Ons kyk na waarom ons Geloftedag vier en onthou wat by die Slag van Bloedrivier gebeur het. NASA-ruimtevaarder Barry Wilmore deel hoe sy ervarings in die ruimte sy siening van die Bybel bevestig. Verder bied ons insigte oor hoe om ’n Bybelse wêreldbeskouing te vestig, waarom Teologie saak maak en hoe om ’n diensbare Desember te beleef. Geniet ook ’n oorsig van die Christendom in Botswana en pragtige feeskos-idees vir hierdie feestyd.
Soos altyd is daar ook jou gunsteling-pretbladsye, Bybelvasvrae, en inspirerende lesergetuienisse – alles met die doel om jou hart en denke nader aan Christus te bring. Moenie hierdie spesiale Kers-uitgawe misloop nie, kry jou kopie vandag by jou naaste winkel!
Teken in op JUIG! Tydskrif vir R439 en kry ‘n GRATIS geskenk!
Related products
-
JOY! Magazine: Feb/March Issue 2024
JOY! Magazine R36,00 – R49,90 Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page -
JUIG! Tydskrif: Junie Uitgawe 2024
JUIG! Tydskrif R36,00 – R49,90 Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page -
JUIG! Tydskrif: Feb/Maart Uitgawe 2024
JUIG! Tydskrif R36,00 – R49,90 Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page -
JUIG! Tydskrif: Augustus Uitgawe 2024
JUIG! Tydskrif R36,00 – R49,90 Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page