,

JUIG! Tydskrif: September Uitgawe 2025

Price range: R36,00 through R55,00

Liomee Vosloo is ’n radiostem met ’n missie, sy dra daagliks die klank van hoop oor die luggolwe van Radio Tygerberg. As omroeper leef sy haar roeping met oorgawe uit: om God se hart hoorbaar te maak vir dié wat moedeloos, verward of alleen voel.

Hierdie September-uitgawe van JUIG! is vol hoop, geloof en inspirasie. Lees hoe Wanneer geloof lente in jou lewe bring wys dat God nuwe lewe kan bring, selfs ná moeilike seisoene. In Wat as niks verander nie leer ons hoe om met volharding aan Hom vas te hou. In Verslawing steel maar Christus herstel vertel Hykie Berg openhartig van God se genade wat heelmaak. Ons delf in die werklikheid van Vaderloosheid, bring ’n Huldeblyk aan John F. MacArthur, en waarsku teen gevare soos Die nuwe wêreldwanorde. In Waak wanneer dit saak maak herinner Rudi Briel ons om geestelik wakker te wees. Hierdie uitgawe sal jou aanmoedig, toerus en versterk – ongeag watter seisoen jy in is.

Moenie ons gewilde Bybelvasvrae, inkleurpret en praktiese geloofsartikels misloop nie! Hierdie uitgawe van JUIG! is propvol inspirasie, insig en waarheid vir elke seisoen van die lewe.

Teken in op JUIG! Tydskrif en ontvang ‘n GRATIS geskenk!

SKU: N/A Categories: ,
Shopping Basket
Scroll to Top