,

JUIG! Tydskrif: Feb/Maart Uitgawe 2022

R36,00R49,90

Die paartjie op ons voorblad vir die Februarie/Maart-uitgawe is Jaco en Clarice Visser. Hulle boodskap aan Christen-enkellopendes is: “Om te wag vir die regte een, is die moeite werd!” In hierdie voorbladartikel praat hulle eerlik oor die uitdagings wat “singles” in die kerk ervaar, om rein te bly en vertel natuurlik ook hoe die Here hulle bymekaar gebring het ná ’n lang wag. 

Dit is nie almal wat deur ’n krokodil aangeval word wat dit oorleef om die verhaal te vertel nie. Lees gerus hoe die Here Quintin Enslin se lewe gespaar het. Dink jy wonderwerke het net in Jesus se tyd gebeur? Lees gerus Hermien van den Bergh se getuienis oor ’n verlamde dogtertjie vir wie hulle gebid het. 

Vir gesinsake is daar Heinz Winckler se rubriek, “Een gesin op ’n slag” en ook Herman de Kock se interessante artikel, “Hoe benader ons die Skeppingsverhaal met kleuters?” Lees gerus ook die artikel, “Vyf maniere om seuns groot te maak”. 

Bly op hoogte van Christen-nuus en aktuele sake met ons nuus en sendingartikels en gebruik dit om met insig voorbidding te kan doen. 

Daar is ’n ietsie vir elkeen met talle opbouende kort pitkosartikels vir die maand.

Teken in op JUIG! Tydskrif vir R439 en kry ‘n GRATIS geskenk!

SKU: N/A Categories: ,
Shopping Basket
Scroll to Top