,

JUIG! Tydskrif: Augustus Uitgawe 2024

R36,00R49,90

Die opwindende nuutste uitgawe van JUIG! Tydskrif bied lesers ‘n rykdom van inspirerende en insiggewende artikels. Die voorbladartikel vertel Nicky Lonte se verhaal van geloof en hoop in die stryd teen borskanker. Vele ander persoonlike getuienisse, soos Nick du Toit se ontmoeting met Jesus en Julita Kok se “God-oomblikke” in Zambië, sal lesers se hartsnare roer. Hierdie uitgawe bied ook insig op aktuele sake soos die vinnige groei van die Chinese kerk in die VK. Dit bespreek hoe Christenskap anders is as ander gelowe, waarom gebed saak maak, en hoe om op God te vertrou as jy hopeloos voel.

Lesers word uitgedaag uit om die kritiese kwessies wat Christene vandag in die gesig staar, te oorweeg. Leer meer oor die rol van Sara in die Bybel, en Jesus se gelykenis van die skape en die bokke. Ander artikels sluit in inspirerende verhale soos Reinhard Bonnke se goddelike ontmoeting en Miskyah Toth se vasberadeheid en onwrikbare geloof in God se plan vir haar lewe. En dit is nie al nie! Soos altyd is daar ook pretbladsye propvol Bybelkennis, -raaisels, en ons inkleurkompetisie alles vir jou om te geniet. Daar is ’n ietsie vir elkeen met talle opbouende kort pitkosartikels vir die maand.

SKU: N/A Categories: ,
Shopping Basket
Scroll to Top