JUIG! Tydskrif: Junie Uitgawe 2026
R39,00 – R59,90Price range: R39,00 through R59,90
Die Junie-uitgawe van JUIG! fokus op geloof in die alledaagse, geestelike groei en die belangrikheid van Goddelike vaderskap. Artikels soos Keer terug na ware aanbidding, Julle sal krag ontvang, Verbonde in Christus en Jou stem maak saak! bring Bybelse perspektief, waarheid en bemoediging vir gelowiges wat doelbewus saam met God wil leef. Aktuele temas word ook ondersoek in The Kiffness: deel 2, Artemis II: ‘Ons het ruimte toe gegaan en God gevind’ en Wat sê die Bybel oor om in goud te belê?
Met Vadersdag om die draai, bevat hierdie uitgawe ook sterk en praktiese inhoud oor vaderskap en gesinsverhoudings. Artikels soos Die krag van lewegewende vaderskap, Die anatomie van vaderskap en Sukkel jy om met jou kind ’n band te bou? bied eerlike insigte en Bybelse raad vir mans en gesinne.
Anzél Rabie deel in Ontdek God in die alledaagse hoe sy leer om God raak te sien tussen die besige ritme van werk, gesin en die gewone uitdagings van die lewe. Sy vertel eerlik oor die verskillende rolle wat sy dra en hoe haar geloof haar help om gegrond te bly. Met opregte insigte en ’n sagte herinnering dat God ook in die klein oomblikke teenwoordig is, sal hierdie voorbladartikel lesers diep bemoedig.
Hierdie uitgawe van JUIG! is ryk aan waarheid, perspektief en bemoediging vir elke gelowige wat met geloof en onderskeiding wil leef. Moet ook nie ons gewilde Bybelvasvrae, inkleurpret en praktiese geloofsartikels misloop nie. Hierdie uitgawe is propvol inspirasie, insig en Bybelse waarheid vir elke seisoen van die lewe.
Teken in op JUIG! Tydskrif vir R519 en ontvang ’n GRATIS geskenk!
Related products
-
JUIG! Tydskrif: Oktober Uitgawe 2025
JUIG! Tydskrif R36,00 – R55,00Price range: R36,00 through R55,00 Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page -
JUIG! Tydskrif: Feb/Maart Uitgawe 2024
JUIG! Tydskrif R36,00 – R49,90Price range: R36,00 through R49,90 Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page -
JUIG! Tydskrif: Augustus Uitgawe 2024
JUIG! Tydskrif R36,00 – R49,90Price range: R36,00 through R49,90 Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page -
JUIG! Tydskrif: Julie Uitgawe 2025
JUIG! Tydskrif R36,00 – R49,90Price range: R36,00 through R49,90 Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page






