,

JUIG! Tydskrif: September Uitgawe 2024

R36,00R49,90

Die nuwe uitgawe van JUIG! Tydskrif neem lesers op ’n heerlike geestelike reis deur ’n verskeidenheid artikels wat lesers oud en jonk sal geniet. Die voorbladartikel gesels met David en Chanelle Grobler, die dinamiese pastoorspaar agter Unite180. Hulle vertel hoe hulle kerk deur die COVID-19-pandemie gegroei het en bied insig in hul unieke benadering tot jongmensbediening.

Verder bied hierdie uitgawe ook insig op die transformerende krag van nederigheid en waarsku oor twee soorte valse bekerings waarvoor ons moet uitkyk. Lesers word uitgedaag met ’n nadenkende bespreking oor eindtyd-apatie en die wag op Jesus se wederkoms, en aangemoedig om na uitnemendheid te streef. Leer meer oor die Jesus se gelykenis van die bruilofsfees en ook die krag en betekenis van die nagmaal. Daar is ook persoonlike getuienisse van God se wonderwerke en verslag oor die verlossing en herlewing wat in Uganda plaasvind.

Die JUIG! September-uitgawe sal jou geloof sal versterk, jou denke uitdaag, en jou aanspoor om nader aan God te leef. Soos altyd is daar ook bladsye vol vermaaklike raaisels en inkleurpret. Moet dit nie misloop nie!

Teken in op JUIG! Tydskrif vir R439 en kry ‘n GRATIS geskenk!

SKU: N/A Categories: ,
Shopping Basket
Scroll to Top