JUIG! Tydskrif: Feb/Maart Uitgawe 2024
R36,00 – R49,90
In hierdie pragtige Februarie/Maart-uitgawe van JUIG! Tydskrif bied ons voorbladartikel ’n intieme blik op die gewaardeerde musikant, Jo Black, wat praat oor die donker put van depressie en hoe belangrik dit is dat mans eerlik is oor hulle geestesgesondheid. Jo onthul sy passie om ander te help met ’n nuwe ondersteuningplatform vir mans wat hy geskep het. In “Hoe geestelik fiks is jy?” ontdek ons die geheim daarvan om jou te kan verbly in alle omstandighede. Die artikel, “Profetiese megatendense wat ons wêreld in 2024 vorm”, ondersoek die ses megatendense wat die landskap van ons geestelike wêreld vorm: van KI tot klimaatsverandering.
Bly op hoogte van Christen-nuus en aktuele sake met ons nuus en sendingartikels en gebruik dit om met insig voorbidding te kan doen. Om lekker te ontspan loer gerus na ons pretbladsye met Bybelvasvra, blokraai, soek die woord en die inkleurblad.
Daar is ’n ietsie vir elkeen met talle opbouende kort pitkosartikels vir die maand. Kry gerus vandag jou nuwe JUIG! Tydskrif. Lekker lees!
Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is om meer oor hierdie artikel te lees. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!
Related products
-
JUIG! Tydskrif: Junie Uitgawe 2024
JUIG! Tydskrif R36,00 – R49,90 Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page -
JOY! Magazine: October Issue 2024
JOY! Magazine R36,00 – R49,90 Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page -
JOY! Magazine: November Issue 2024
JOY! Magazine R36,00 – R49,90 Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page -
JUIG! Tydskrif: Desember Uitgawe 2024
JUIG! Tydskrif R36,00 – R49,90 Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page