,

JUIG! Tydskrif: September Uitgawe 2020

Price range: R36,00 through R49,90

In ons Lente-uitgawe stel ons Pickard en Nadia Henn aan ons lesers bekend. Hierdie jong egpaar van Christ in Action, “soek eers die Koninkryk” met hart en siel. Die woorde op Pickard se T-hemp som dit mooi op: “All day, everyday, Jesus”. Laat hulle vurige liefde vir Jesus en ander mense jou sommer ook opnuut aanspoor.  Kyk gerus ook na die meesterkunstenaar, René Snyman, se pragtige kuns en lees meer oor haar reis om lig op uitsonderlike manier in haar skilderkuns uit te beeld. 

Stephan Joubert gee ons ’n bemoedigende tien padwysers om die koronatyd nie net te oorleef nie, maar seëvierend te bowe te kom. Daar is ook raad oor hoe om beskadigde vriendskappe te herstel en baie goeie riglyne vir ongetroudes wat dalk nog vir daardie “regte een” wag om op te daag.

Moenie die onderhoud met pastoor Kobus Erasmus van Querencia-bedieninge misloop nie. Ons het in die lig van die onlangse aanval op hulle kerk met hom gesels oor hoe hulle gemeente hulleself nou teen hierdie tipe aanvalle voorberei en beveilig. Hy getuig kragtig oor die Here se beskerming op daardie dag.

Dr. Pearl Kupe praat met ouers oor die wêreldwye druk vir die normalisering van pedofilie en wat ouers kan doen om hierdie euwel teen te staan.

Teken in op JUIG! Tydskrif vir R439 en kry ‘n GRATIS geskenk!

SKU: N/A Categories: ,
Shopping Basket
Scroll to Top