,

JUIG! Tydskrif: Januarie Uitgawe 2021

R36,00R49,90

Ons skop die nuwe jaar op ’n positiewe noot af met ons voorbladartikel oor Alwyn Uys. Hy het vandeesmaand van Robbeneiland na Eden on the Bay in Blouberg geswem. Die 8 km is reeds ’n groot uitdaging vir enige atleet, vir Alwyn was dit nog ’n groter toets – hy is ’n parapleeg. Dit is egter nie die rolstoel wat die eerste indruk maak nie. Dis die intensiteit van lewe en energie wat uit hom straal. Lees gerus die artikel oor hierdie inspirerende jongman wat ook die eerste parapleeg was om ’n Halfysterman te doen.

As jy wonder oor die nuwe COVID-19-entstof en of jy moet laat inent het ons net die artikel vir jou. ’n Senior wetenskaplike van Creation Ministries International wat tans menslike genetika bestudeer, dr. Robert Carter, het ’n insiggewende artikel geskryf oor die entstof en ’n paar bekende Christen-leiers gee ook in die artikel hulle mening oor wat ons as Christene te doen staan met betrekking tot inenting teen die koronavirus.

Vind uit watter taal Adam en Eva moontlik gepraat het, hoe lank Adam was en hoe God Homself aan ons openbaar. Daar is ook ’n interessante artikel oor heuningbye, die slimjanne van die insekwêreld.

Teken in op JUIG! Tydskrif vir R439 en kry ‘n GRATIS geskenk!

SKU: N/A Categories: ,
Shopping Basket
Scroll to Top