,

So Sappig

R200,00

deur Elsabe Aldrich

Elsabe is al vir meer as ’n kwarteeu bedrywig as motiveringspreker, pretprater, opleier en skrywer. Sy word weer en weer deur gehore genooi wat uitgehonger is vir sprankel en wil skater asook tegelykertyd leer. Sy glo dat ons as kroon van die skepping wel oorwinning oor papgeklaptheid kan behaal.

Die woord sappig is sinoniem met onblusbare energie, humor, passie en lewenslus. Hierdie lekkerleesboek is haar handleiding oor hoe om triomfantelik te lewe, ongeag die kinkels wat soms in jou lewenskabel kan kom. Haar inspirasie kom uit die wêreld van die formidabele sukkulente wat ondanks droogtetoestande kan floreer, omdat hulle wortelstelsels so puik aangepas is. Agtien wortels soos gesonde binne-oë, lyflike aanvaarding, kopkontrole, sensualiteit en ons geestelike konneksie word aangeroer in haar informele, vonkel-in-die-oog-styl. Daar is by elke wortel ’n lys van doendinge wat die leser kan help met sappigheid.

Hierby ingesluit: VONKELKYK OP DIE LEWE
 
Hierdie boek is in 2007 deur Carpe Diem-drukpers uitgegee. Sprankelverhoudings en die genadegawe van lag is die sentrale temas. Dit is ’n boek vir almal wat hul verkneukel oor menswees. Dit sal jou hartsnare tokkel en jou lagspiere kielie.

Categories: ,
Shopping Basket
Scroll to Top